Local newsNews

Kruik Kerk kragloos na booswigte kragboks steel

Die Kruik Kerk is sonder krag nadat kabels gisteraand uit hul kragboks gesteel is.

Die Kruik Kerk is sonder krag nadat kabels gisteraand uit hul kragboks gesteel is.

“Ons het vanoggend omstreeks 6.30vm oopgesluit en gesien ons het geen krag nie, ons het buite by die kragboks gaan kyk en gesien al die kabels is gesteel,” het past. Rowland Jones, hoofleraar van Kruik Kerk, vertel.

Hulle het die polisie en die munisipaliteit geskakel en ’n span werkers van die munisipaliteit het na die skade gaan kyk.

Dit lyk of die diewe die palissades stukkend gesny het en so toegang tot die kerk se erf verkry het.

Daar is glo verlede week kabels by nabygeleë besighede ook gesteel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button