CrimeNews

‘Ek moes my tande insluk om te kon aanhou asemhaal’ – slagoffer van gewelddadige aanval vertel

Die genadelose aanval het nie opgehou nie en Smit is ook 43 keer met ’n mes gesteek.

NASIONALE NUUS

Agt jaar nadat ’n inwoner van Brakpan wreedaardig in sy huis aangeval, gemartel en vir dood agtergelaat is, het hy Vrydag die soete smaak van geregtigheid ervaar.

 

Op die oggend van 27 Julie 2009 het ’n huishulp van die Smit-gesin eers die gesin se Doberman vergiftig en toe gesorg dat vier mans toegang tot die huis gekry het.

Die inwoner is genadeloos geslaan en sy aanvallers het onophoudelik op sy rug gespring terwyl hy magteloos was om homself te verdedig.

Sy gesig is herhaaldelik met soveel geweld teen die vloer geslaan, dat van sy tande gebreek het.

“Ek het geen ander keuse gehad as om my tande in te sluk in ’n poging om te kon aanhou asem haal”

Die genadelose aanval het nie opgehou nie en Smit is ook 43 keer met ’n mes gesteek.

Sy borsbeen en agt van sy ribbebene, asook sy neus, is ook gebreek.

Lees die volledige artikel op die Brakpan Herald webtuiste hier.

 

Related Articles

Back to top button