Adler Fahrers Motorfietsklub maak Noonan-syndroom seuntjie se operasie moontlik

Nadat die eerste artikel van Henry, 16 Oktober in Ridge Times verskyn het, het die Adler Fahrers Motorfietsklub reeds die volgende dag met sy pa, mnr. Charles Shaw kontak gemaak.

Henry Shaw is met Noonan-syndroom gebore en moes dringend ’n operasie ondergaan.

Sy melktandjies moes uitgesny word omdat dit maklik breek en infeksie veroorsaak het.

Dié operasie is moontlik gemaak deur die Adler Fahrers Motorfietsklub wat dit gereël het en Henry is reeds suksesvol op 27 Oktober geopereer.

Al die geld wat vir Henry ingesamel is wat nie vir medikasie of hospitaalkoste gebruik word nie, sal aan mnr. Shaw geskenk word.

Enige iemand wat nog sal belangstel om te help, kan Ninja van die Adler Fahrers skakel by 076 737 8659.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant hier.

Lees ook die storie oor Henry Shaw hier: Sewe-jarige seuntjie het liggaamsbou van ‘n driejarige weens Noonan-sindroom

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Henry Shaw sit op een van die lede van die Adler Fahrers Motorfietsklub se motorfietse. Die Adler Fahrers het by Henry se huis bymekaar gekom om die gesin mee te deel dat hulle niks vir Henry se operasie hoef te betaal nie. Hulle het ook klere, speelgoed en skoene aan hom en sy sussie oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version