NewsSchools

Erries spogskryfblad nou weer beskikbaar

Spoiings is ‘n bundel wat jaarliks saamgestel word uit spogskryfwerk van die leerders en die Erries is besonder trots op dié unieke uitgawes.

Die Errie-leerders se spogskryfblad, Spoiings, is Maandag, 16 Oktober bekendgestel.

Die eerste uitgawe het reeds in 1998 verskyn. Dis ’n skryfbundel van die Erries waarin jy kan lees oor kindwees, menswees, Errie-wees.

Die bundeltitel is ‘n kontaminasievorm / samevoeging van “spore” en “toiings”.

In dié skryfbundel trap die Erries spore vir hul skool, vak en Afrikaans. En toiings is flenters/stukkies gedagtes.

Chellert Schourie is die redaktrise en Angelique Randell tesame met Chriselma van den Bergh is verantwoordelik vir die besonderse ontwerp van die voorblad.

Spoiings is ‘n bundel wat jaarliks saamgestel word uit spogskryfwerk van die leerders en die Erries is besonder trots op dié unieke uitgawes.

Dié bundel kan by die skool gekoop word teen R70 elk.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button