NewsSchools

Laerskool Breyten rugby spelers wys hul staal

Laerskool Breyten verteenwoordig die Gert Sibande-distrik tydens die Mpumalanga Somerspele in Nelspruit/Mbombela waar groot pryse op die spel is

Die 0/13-sewesrugbyspan van Laerskool Breyten het Saterdag deelgeneem aan die Gert Sibande intermunisipale spele op Evander Hoërskool se velde.

Breyten het Msukwaliga verteenwoordig en as wenners uit die stryd getree.

Vier wedstryde is gespeel met die tellings as volg: Breyten 19 – Lindilanga School 17. Breyten 42 – AD Nkosi School 0, Halfeindstryd: Breyten 43 – Lifalethu School 0, Eindstryd:

Breyten 22 – Lindilanga School 17.

Laerskool Breyten verteenwoordig die Gert Sibande-distrik tydens die Mpumalanga Somerspele in Nelspruit/Mbombela waar groot pryse op die spel is.

Die prys vir die eerste plek is ‘n nuwe skoolbus en tweede plek R100 000 kontant.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button