Local newsNews

Baba se toestand stabiel na ma met preeclampsia gediagnoseer is tydens swangerskap

Daar moes dringend ’n nood keiser gedoen word om vir Gideon te kan red.

Gideon Barnard is op 13 Oktober sewe weke te vroeg gebore nadat dokters gesê het dat me. Susan Barnard nooit weer swanger kon raak nie weens haar preeclampsia.

Me. Barnard het komplikasies weens preeclampsia gehad.

Preeclampsia gaan gepaard met hoë bloeddruk wat veroorsaak dat jou voete en bene erg swel.

Ander simptome is onder andere naarheid, braking en hoofpyn.

Me. Barnard het vertel: “Ek het 7kg gewig opgetel en dit was als water en ek het besef dat iets verkeerd is.

“Die dokter het my toe ingelig dat ek preeclampsia het.

“Hulle het dadelik Gideon se hartklop begin monitor en dit het vanaf 140 tot 120 slae per minuut gedaal.”

Gidoen se hartklop het toe vanaf 120 tot 100 gedaal en later die aand tot 90 slae per minuut.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.

 

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/94923/baba-luke-brits-verloor-stryd-sterf/

https://www.citizen.co.za/ridge-times/35895/klompvoetjies-word-spogvoetjies-na-operasie/

 

Gideon Barnard is sewe te vroeg gebore. Hy is onder omstandighede stabiel. Hier word hy nog gemonitor in die hospitaal.
Gideon hou sy ma, me. Susan Barnard, se pinkie vas.
Gideon met sy nuut bebreide kouse en mus. Die ander mussies en kouse is te groot vir hom.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Related Articles

Back to top button