NewsSchools

Hoogies-kokke neem deel aan Suid-Afrikaanse Jeugskou

Die hoofde het aan elke finalis ’n baadjie oorhandig, waarna almal gesmul het aan ’n ete wat deur Hoogenhout se hotelskoolleerders voorberei is.

Die Suid-Afrikaanse Jeugskou vind jaarliks plaas en skole landwyd neem daaraan deel.

Die skou se eindronde het reeds plaasgevind en die nasionale skou is in die Oktobervakansie gehou.

Leerders neem in verskeie katagorieë deel, soos skape, bokke en konyne, en 47 leerders van Mpumalanga het deurgedring.

Dit word op Bathurst in die Oos-Kaap gehou.

Hoërskool Hoogenhout se hotelskoolleerders het op ’n besondere manier erkenning gekry tydens ’n funksie.

Elke jaar ontvang die leerders ’n baadjie met die jeugskou se wapen op geborduur, maar vanjaar het mnr. Alf Griesel, ondervoorsitter van die Mpumalanga Jeugskou, besluit om die ouers en hoofde van die verskillende skole te betrek en dit ’n spesiale geleentheid te maak.

Die voorsitter van die Mpumalanga Jeugskou, mnr. Sarel Haasbroek, van Balfour het genoem dat die skou oor die kinders gaan, dié wat wil en kan deelneem.

Hy het hulle sterkte toegewens en beklemtoon dat hulle dit moet geniet want daardeur wen ’n mens.

Die hoofde het aan elke finalis ’n baadjie oorhandig, waarna almal gesmul het aan ’n ete wat deur Hoogenhout se hotelskoolleerders voorberei is.

Mpumalanga-skole wat deurgedring het, is Hoërskool Balfour, Hoërskool Middelburg, Morgenzon Landbou Akademie, Hoërskool Hoogenhout en leerders wat tuisonderrig ontvang.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button