Sewe-jarige seuntjie het liggaamsbou van ‘n driejarige weens Noonan-sindroom

Henry Shaw is sewe jaar oud, maar het die liggaamsbou van ’n driejarige.

Henry Shaw is sewe jaar oud, maar het die liggaamsbou van ’n driejarige.

Hy is met Noonan-sindroom gebore. Dit is ’n toestand wat baie dele van die liggaam raak.

Dit word gekenmerk deur ’n effens ongewone gesigvorm, klein liggaamsbou, hartafwykings, bloedingprobleme, skeletale misvormings en baie ander tekens en simptome.

Daar is baie keer ’n diep groef in die gebied tussen die neus en mond (fi ltrum), wyd gespasieerde oë wat gewoonlik ligblou of blougroen van kleur is en lae ore wat agtertoe geroteer is.

Geaffekteerde individue kan ook ’n hoë verhemelte hê, swak tandbelyning en ’n klein onderkaak.

Baie kinders met Noonan-sindroom het ’n kort nek.

Kinders en volwassenes het ’n oortollige nekvel en ’n lae haarlyn aan die agterkant van die nek.

Henry het meeste van die bogenoemde kenmerke.

Meeste mense met Noonan-sindroom leef nie baie lank nie.

Henry se pa en ouma maak hom groot en hulle beskik nie oor ’n mediese fonds nie.

Soos ander met dié sindroom, het Henry swak tandbelyning.

Sy tande ontsteek baie maklik en breek ook.

Al sy tande sal getrek moet word weens tandbederf.

Sy bors stoot ook uit en hy het al ’n hartoperasie ondergaan.

Een van sy hartkamers moes herstel word.

Henry het ook stents gekry en sal binnekort nuwes moet kry.

Hoewel hy hoogs funksionerend is, het hy spesiale behoeftes.

Hy is ’n leerder van Marietjieskool waar hy liefdevol is en baie vir sy klasmaats omgee.

Die dringendste operasie wat hy moet kry, is dat sy tande verwyder moet word.

As daar iemand is wat Henry met sy tandeprobleem kan help, kan hulle Henry se ouma, me. Marais, skakel by 071 200 6357 of sy pa, mnr. Charles Shaw, by 083 576 6707.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant.

 

Henry Shaw (7) is met Noonan-sindroom gebore. Sy melktande moet dringend getrek word om verdere infeksie te vermy en plek vir sy permanente tande te maak.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version