Local newsNews

[Foto galery] Harley-ryers maak harte oop vir Mienke

West Street Inn het Braaidag gevier ter ere van Mienke Mulder, die sewe maand oue dogtertjie wat aan melk verstik en gestrem gelaat is nadat sy by die dood omgedraai het.

West Street Inn het Braaidag gevier ter ere van Mienke Mulder, die sewe maand oue dogtertjie wat aan melk verstik en gestrem gelaat is nadat sy by die dood omgedraai het.

Christelle Brits van West Street Inn vertel dat Mienke se storie die land geruk het en as ouers het hulle besluit om Mienke se familie geldelik by te staan vir haar nasorg.

Kinders van Kareltjie Kameelperd Kleuterskool het die oggend saam geniet en groot opwinding het geheers met die dreunende aankoms van The Tribe Harley Riding Club op hul motorfietse.

Die motorfietsryers het op pad na ‘n naweekbyeenkoms ‘n draai by West Street gemaak vir ‘n lafenis en iets op die kole.

Nadat hulle van Mienke gehoor het, het die lede hul dadelik verbind tot bystand en nadat die direkteur van die groep, Kevin Prinsloo, beloof het om R10 000 in sy privaat hoedanigheid te skenk, het die een aanbod van hulp na die ander ingestroom.

Daar en dan is R32 000 wat West Street se skenking van R5 000 insluit, ingesamel met baie lede wat beloof het om regstreeks in die familie se rekening in te betaal. Die kleuters en Tribe-lede het pienk ballonne losgelaat ter ondersteuning van Mienke.

Om meer te leer van Mienke, besoek haar facebookblad by Pray for Mienke. Diegene wat graag ‘n bydrae wil maak, kan die volgende rekening gebruik: M.Mulder, Standard Bank, takkode 051 001, rekeningnommer 282 853 952.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button