Local newsNews

Ses verkeersbeamptes nodig om ‘verkeer te reguleer’ in Secunda

’n Foto van dié verkeersbeamptes is op ’n Facebookblad geplaas en inwoners het kommentaar gelewer en gesê: “Ag te lekker, en hulle word betaal. As ek só sit by die werk, sal ek afgedank word.”

Inwoners is ongelukkig oor verkeersbeamptes wat by die verkeersligte op die hoek van PDP Kruger en Oliver Tambostraat gesit het terwyl verkeer nie gevloei het nie en die ligte buite werking was.

Dié verkeersligte is uiteindelik na vyf weke reggemaak.

Me. Mariaan Chamberlain, DA raadslid, het gesê: “Dit was ’n totale gemors met die verkeersligte wat nie gewerk het nie en ses verkeersbeamptes het onder die afdak gesit en geen poging aangewend om die verkeer te reguleer nie.”

’n Foto van dié verkeersbeamptes is op ’n Facebookblad geplaas en inwoners het kommentaar gelewer en gesê: “Ag te lekker, en hulle word betaal. As ek só sit by die werk, sal ek afgedank word.”

 

Dié foto van ses verkeersbeamptes wat sit terwyl die verkeer nie gereguleer word nie, is op sosiale media gedeel en het reaksie uitgelok.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Related Articles

Back to top button