Local newsNews

Kosmos Afree-oord op Standerton beplan struktuurveranderinge

Die direksie het voorgestel dat die twee regsentiteite, naamlik die maatskappy en die Standertonse Vereniging vir Bejaardes, wetlik en bestuursgewys geskei word en dat die vereniging, wat dormant geraak het, geaktiveer word.

Kosmos Aftree-oord is op die vooraand van ‘n nuwe begin.

Tydens ‘n inligtingsvergadering op 29 Augustus is ‘n direksie-aanbeveling vir die hou van ‘n Spesiale Algemene Vergadering aanvaar.

Dr. Carina Schutte en mnr. Syd Eckley het ook twee aanbiedings gedoen.

Die direksie het voorgestel dat die twee regsentiteite, naamlik die maatskappy en die Standertonse Vereniging vir Bejaardes, wetlik en bestuursgewys geskei word en dat die vereniging, wat dormant geraak het, geaktiveer word.

Hulle het ook voorgestel dat die tehuisbestuurder, me. Paula Borges, die proses, onder leiding van mnr. Eckley, onafhanklik van die direksie, bestuur.

‘n Spesiale Algemene Vergadering sal op 11 Oktober om 6nm gehou word om direksievoorstelle te oorweeg en indien aanvaar word om ‘n interim bestuurskomitee te verkies, sal laasgenoemde verantwoordelik wees om die aktivering van die vereniging te bestuur.

Verder sal opdragte aan die komitee oor die pad vorentoe gegee word.

Almal word genooi om betrokke te raak deur aansoek om lidmaatskap te doen.

Neem kennis dat geen lidmaatskapsgeld vereis word nie omdat die saak as dringend beskou word.

Die kriteria vir lidmaatskap is:
• Alle persone bo 18 jaar wat hulself tot die bereiking van die doelstellings van die vereniging verbind
• Maatskappye, verenigings, kerke en klubs in die gemeenskap wat hulle met die oogmerke van die vereniging vereenselwig en
• Lewensreghouers, huurders en siekeboeginwoners en familielede.

Lidmaatskapaansoekvorms is by die administratiewe kantoor beskikbaar.

Ingeskrewe lede word genooi om geskikte persone te nomineer vir die interim bestuurskomitee, met dien verstande dat verkose lede geen gevestigde belange in die vereniging sal hê nie.

Die nodige nominasievorms was vanaf 13 September by die administratiewe kantoor beskikbaar.

Alle nominasies moet deur die genomineerde se skriftelike aanvaarding vergesel wees.

Die genomineerdes sal kundig en gewillig moet wees om te help om die vereniging tot sy reg te laat kom.

Inwoners van Kosmos Aftree-oord, naamlik lewensreghouers, huurders en persone in die siekeboeg, sal deur hul onderskeie komitees op die bestuurskomitee verteenwoordig wees.

Inwoners word genooi om afskrifte van die aanbiedings van die inligtingsvergadering by die bestuurder se kantoor aan te vra om te bestudeer.

Die tehuis is afhanklik van die welwillendheid en betrokkenheid van die inwoners van Standerton en nooi die publiek om die vereniging en sy dienste te ondersteun.
Vir meer inligting, skakel me. Borges by 017 712 2278/9.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button