Editor's choiceLocal newsNews

Ondersteun Kankeromgeeprojek

Kry jou gekleurde strik by die Ridge Times kantoor.

Die ATKV-Kosmosrandtak het weer hul jaarlikse Kankeromgeeprojek geloods en gekleurde strikke kan reeds aan bome op Secunda gesien word.

Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die tak, het gesê geld wat met dié projek ingesamel word, gaan hoofsaaklik daarvoor om plaaslike kankerpasiënte te help.

“Baie ander projekte samel geld in vir kankerpasiënte van ander dorpe, maar ons wil op mense van Secunda en omgewing fokus,” het sy gesê.

Strikke vir bewusmaking en ter ondersteuning van dié projek is by die Ridge Times se kantoor wat op die hoek van Pieter Wenningstraat en Nelson Mandelalaan geleë is, beskikbaar.

Daar sal ook strikke beskikbaar wees by Marietjie Skool se Lentemark wat vandeesweek afskop.

’n Strik kos R20 en inwoners kan besluit watter kleur hulle wil hê.

Geel is vir kinderkanker, blou vir kanker onder mans, pienk vir kanker onder vroue en pers vir enige kanker.

Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button