Leon Parsons as Bethal Krieketklub voorsitter verkies

Die klub se ondervoorsitter is mnr. Corne Greyvenstein, terwyl mnr. Jean Greyling die tesourier is.

Mnr. Leon Parsons is verlede week as voorsitter van Bethal Krieketklub verkies.

Die verkiesing het tydens die algemene jaarvergadering plaasgevind.

Die klub se ondervoorsitter is mnr. Corne Greyvenstein, terwyl mnr. Jean Greyling die tesourier is.

Die res van die komitee bestaan uit mnre. Neil Parsons (bemarking- en skakelbeampte), Ashley Methula (ontwikkelingsbeampte) en Koos du Preez (onafhanklike lid).

Die keurkomitee bestaan uit mnre. Neil Parsons (spanbestuurder en afrigter), Jean Greyling (kaptein), Thinus Plowman (spelerverteenwoordiger) en Koos du Preez (onafhanklike lid).

Die dissiplinêre komitee bestaan uit mnre. Franco du Preez, Liam Korf en Pieter Senekal.

Die span is reeds besig om hard te oefen vir die seisoen wat binnekort begin.

Mense wat belangstel om by die klub betrokke te raak, hetsy as speler of borg, kan mnr. Neil Parsons skakel by 082 856 1027.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Mnre. Neil Parsons (bemarking- en skakelbeampte), Leon Parsons (voorsitter) en Jean Greyling (tesourier en kaptein) van Bethal Krieketklub.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version