NewsSchools

Erries Fast Five-netbal wen Gert Sibande-toernooi

Na ‘n gelykop-eindtelling speel dié spanne ekstra tyd en die Erries wen met 6-3

Drie Errie-netbalspanne het Dinsdag, 29 Augustus, in Standerton gaan deelneem aan Gert Sibande se heel eerste Fast Five-toernooi.

Die o/15 A1-span, asook die o/17 A2-span het ongelukkig vasgeval tydens hulle groepwedstryde, nietemin is puik netbal gespeel.

Die o/17 A1-span speel skitterende netbal. In die finaal kom hulle teen Ligbron Akademie vir Tegnologie te staan.

Na ‘n gelykop-eindtelling speel dié spanne ekstra tyd en die Erries wen met 6-3!

Die EHS se o/17 A1-span maak dus geskiedenis deur hierdie nuwe toernooi te wen en gekroon te word as die o/17A – Gert Sibande-wenners van Fast Five-netbal.

Geluk aan die dogters en baie sterkte met julle wedstyde in die Mpumalanga-toernooi!

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button