Marius verheug oor nuwe rolstoel

“Die stoel is baie lig en loop regtig soos ’n Ferrari,” het hy gesê.

Die Ridge Times het op 3 Februarie oor mnr. Marius Cornelissen berig wat ’n nuwe rolstoel benodig het.

Hy was in 2003 in ’n motorongeluk, waarna hy vanaf sy heupe verlam is.

Hy kon nie sy studies na die ongeluk voltooi nie en herstel nou rekenaars van die huis af.

Dié inkomste is egter nie genoeg om ’n rolstoel te koop nie en hy het die publiek, ondernemings en mediese instansies om hulp gevra.

Sowat ’n maand gelede het mense van Secunda sy artikel weer gelees.

“Hulle het die dag gebraai en toe die man ’n ou Ridge Times wou gebruik om die rooster mee skoon te maak, toe maak hy die koerant toevallig op die artikel oor my oop.

“Hy het my gebel en gesê hy kan my help met ’n stoel sodra ’n belegging uitbetaal.

“Ek het intussen na CE Mobility in Roodepoort gegaan om na rolstoele te kyk en my afmetings is geneem,” het mnr. Cornelissen vertel.

Die stoel is ook volgens sy afmetings gemaak en weeg 6kg, wiele ingesluit.

“Die stoel is baie lig en loop regtig soos ’n Ferrari,” het hy gesê.

Mnr. Cornelissen is dankbaar vir dié skenking en wil almal wat betrokke was, bedank.

Hy benodig tans net ’n nuwe drukkussing wat met lug werk.

Sy kussing het oopgebars en werk dus nie soos dit moet nie.

As jy hom kan help, skakel hom by 078 365 2145.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version