Man steel goedere uit ambulans en motorhuis op Standerton

’n Skurk was vermoedelik reeds in die erf in Kosmospark toe mnr. Pieter van der Westhuizen gou by die huis gestop het

Mediese benodighede soos naalde, maskers en handskoene, sowel as goedere is onderskeidelik uit ’n ambulans en motorhuis op 15 Augustus gesteel.

’n Skurk was vermoedelik reeds in die erf in Kosmospark toe mnr. Pieter van der Westhuizen gou by die huis gestop het voordat hy na ’n pasiënt is.

Die moontlikheid bestaan dat die dief toegang verkry het deur oor een van die aangrensende huise se muur te klouter.

Volgens mnr. Van der Westhuizen het hy geen onraad vermoed toe hy by die huis was nie.

Met sy terugkeer het die buurman hom gevra hoekom hy sy werker wil doodmaak waarop geantwoord is dat hy geen werker het nie.

Blykbaar het die skurk, nadat hy oor die muur gespring het, in die buurman se erf beland en laasgenoemde het hom betrap en gevra waarna hy soek.

Volgens inligting het die booswig geantwoord dat hy moes wegkom want sy werker wil hom doodmaak.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version