Local newsNews

Twee-jarige klompvoet-dogtertjie kan binnekort operasie ondergaan

Me. Kruger het Zanel na ’n professor by Steps geneem. Steps is ’n NPO organisasie wat daarin spesialiseer om kinders wat met klompvoet gebore is te help.

EVANDER – Die Ridge Times het op 6 Julie oor Zanel Schnepel, ’n dogterjie wat met klompvoet gebore is, berig.

Lees die berig hier:

Sy is twee jaar oud en kan nie soos ander kinders speel, loop of hardloop nie want sy is met klompvoet (clubfoot) in albei voete gebore.

Sedert die artikel verskyn het, het daar baie raad ingestroom en mense wou selfs met ander soortgelyke skoene probeer help.

Me. Kruger het Zanel na ’n professor by Steps geneem.

Steps is ’n niewinsgewende organisasie wat daarin spesialiseer om kinders wat met klompvoet gebore is, te help.

“Die professor het gesê dat Zanel weer geopereer sal moet word, maar dat haar voetjies reg kan kom.

“Hy het wel gesê dat sy eers weer gips sal moet dra omdat hulle moet probeer om haar voetjies meer te draai.

“Die gips is ter voorbereiding van die operasie.

“Sodra die laaste gips af is, sal sy hopelik haar laaste operasie kry,” het me. Kruger vertel.

Zanel gaan reeds in September vir die eerste keer gips kry.

Dit moet elke twee weke vervang word en die operasie sal in Oktober gedoen word.

Zanel was vyf dae oud toe sy reeds gips tot bo haar knieë gekry het.

Die meeste soorte klompvoete is by geboorte (aangebore klompvoet) teenwoordig.

Klompvoet kan in een voet of in albei voete voorkom.

 

Omdat Steps die operasie gaan behartig, het die gesin slegs geld nodig vir brandstof om heen en weer te ry vir die gips en later die operasie en opvolg.

Omdat die gesin nie ’n mediese fonds het wat vir medikasie kan betaal nie, gaan lede van DA Wyk 18 op Evander ’n dinee reël om geld in te samel om met brandstof en ander uitgawes te help.

Die res van die geld wat met die dinee ingesamel word, sal vir ander projekte gebruik word waar nodig.

’n Datum vir die dinee is egter nog nie bevestig nie.

As jy vir Zanel kan help of meer inligting oor die dinee wil bekom, skakel me. Estelle Swart by 083 652 7727.

 

Lees die volledige artikel in die Ridge Times.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Zanel Schnepel gaan ’n operasie ondergaan, hopelik die laaste een wat haar voetjies heeltemal sal regstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button