Saam word soveel meer vermag

Die kinders van die Christian School gebruik die atletiek-, cross country-, landloop-, tafeltennis- en boogskietgeriewe by die AJ Swanepoel-stadion en die Sport In.

Die South African Christian Schools Sport Association (SACCSA) het hande gevat met ondernemings, kerke en individuele in die dorp en die geriewe wat hulle gebruik, opgegradeer.

Die kinders van die Christian School gebruik die atletiek-, cross country-, landloop-, tafeltennis- en boogskietgeriewe by die AJ Swanepoel-stadion en die Sport In.

Met die hulp van vrywilligers wat bereid was om hul beursies oop te maak, kon hulle die afgelope tyd die ingang van die AJ Swanepoel-stadion opgradeer en vir die sekuriteitshuisie op die stadion nuwe ruite insit.

By die Sport In kon hulle ruite vervang, dele van die dak herstel en die ligte in die groot saal en badkamers vervang.

Hulle versoek skole, klubs, kerke, ondernemeings en individue om betrokke te raak om hulle goeie werk voort te sit.

Vir meer inligting, skakel 083 270 6584.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version