Ligbron Akademie vir Tegnologie se skuts het Vrydag aan die finale skietproewe in Nelspruit deelgeneem.
In die 0/14-afdeling het die Liggie-skuts die volgende plekke behaal: Sumè Snyman( tweede) met 1321 punte, Gerhard Botma (vyfde) met 1308 punte, Sherryl-Ann Rosscher (negende) met 1267 punte, Franco van Dijk (10de) met 1262 punte en Ernst Botha (16de) met 1176 punte.
In die 0/16-afdeling het Drean van Breda ’n 10de plek behaal met 1316 punte en Sophia Gilliomee het 22ste geëindig met 1202 punte.
In die 0/21-afdeling het Ligbron se skuts die volgende plekke behaal: Reinhardt Vorster (vyfde) met 1405 punte, Collin Henning (sesde) met 1403 punte, Charles Giliomee (agste) met 1400 punte, Jan Schoonraad (14de) met 1364 punte en Jan-Hendrik Geldenhuys (17de) met 1353 punte.
Die jaarlikse interskole spankompetisie is ook beslis en die volgende skuts haal die 0/14 Ligbron Goud-span: Sumè Snyman, Gerhard Botma, Franco van Dijk en Ernst Botha. Ligbron Charles Giliomee, Reinhardt Vorster, Collin Henning en Jan Schoonraad is gekies vir die Ligbron 0/21 Goud-span.
Die volgende skuts is gekies vir die Mpumalanga-skietspan wat in Oktober in Newcastle KZN aan die nasionale kampioenskap sal deelneem: 0/14 span- Sumè Snyman, Gerhard Botma, Sherryl-Ann Rosscher en Franco van Dijk met Ernst Botha as die eerste reserwe.
Drean van Breda is vir die 0/16-span gekies en Charles Gilliomee, Reinhardt Vorster, Collin Henning, Jan Schoonraad en Jan-Hendrik Geldenhuys vir die 0/21- span.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.