CrimeEditor's choiceNews

Taxi-bestuurder besorg foon terug aan plaaslike boer nadat hy met mes gedreig is

Kosie van der Merwe, 'n plaaslike boer, is van sy selfoon beroof in eMalahleni verlede week.

TRICHARDT – Mnr. Kosie van der Merwe, ‘n plaaslike boer, is van sy selfoon beroof in eMalahleni (Witbank) verlede week.

Lees die Facebook-inskrywing waar hy van die storie vertel en kyk ook gerus die videos.

“Gister in Witbank by ’n robot beroof van my selfoon.

“Die rower het my verras en my met ’n lang mes gedreig.

“Die foon oorhandig want ou besef jou lewe is meer werd.

“Ek het die swaap agterna gesit met my bakkie maar hy het tussen die skare verdwyn.

“Ek het maar vrede gemaak my foon is koebaai.

“Om lang storie kort te maak het die taxi drywers hom gevang en daar was “instant karma”.

“Die taxi ouens het die laaste no op my foon gebel en so my vrou laat weet ek moet taxi rank toe kom.

“Hulle het my die mes gewys en my foon oorhandig. Hulle is vir seker nie so bad nie en alle verwagtinge oortref.

“Dit gee mens weer hoop en hulle is net so g*tvol vir die misdaad.

“So sê ek dan dankie vir my skepper vir die kalmte en sy beskermde hand.”

 

https://www.facebook.com/kosie.vandermerwe.77/videos/329805897472261/

https://www.facebook.com/kosie.vandermerwe.77/videos/329806010805583/

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button