CrimeNews

Booswig spring oor lemmetjiesdraad na roof op bejaarde Standerton-vrou

Volgens haar het sy gedink sy sal die skurk in sy spore stuit, maar is uit die pad gestamp en het geval.

Die oggend van 11 Augustus het ’n bejaarde inwoner (78) ’n nare ondervinding beleef na sy in haar huis beroof is.

Sy het gesê dat sy die deur vir die huishulp oopgesluit het en terug in die bed geklim het.

“Ek het ’n figuur by die rekenaartafel gewaar, maar gedink dit is sy,” het sy gesê.

Nadat sy besef het dat dit nie haar werker is nie, het sy opgestaan en in die kamerdeur se ingang gaan staan.

’n Man het die skootrekenaar gegryp en op haar afgestorm.

Volgens haar het sy gedink sy sal die skurk in sy spore stuit, maar is uit die pad gestamp en het geval.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button