Meterpeuterdienste op sosiale media adverteer ‘skok’ Standerton-inwoners

Op ’n Facebook-inskrywing op 31 Julie en 1 Augustus, wat op vier groepe gedeel is, word geadverteer dat as daar persone is wat hulle kragbokse wil laat omseil, hulle ’n vrou met ’n privaatboodskap moet laat weet.

Hoewel elektrisiteit aan ’n man se sak vat en die munisipaliteit ’n sterk standpunt oor kragomseiling het, gebeur die onverwagse soms.

Op ’n Facebook-inskrywing op 31 Julie en 1 Augustus, wat op vier groepe gedeel is, word geadverteer dat as daar persone is wat hulle kragbokse wil laat omseil, hulle ’n vrou met ’n privaatboodskap moet laat weet.

Volgens die inskrywing sal ’n man dit teen R500 doen en weer die boks seël.

Dit is blykbaar hoe hy ’n inkomste verdien om vir sy gesin te sorg en daar word ook beweer dat almal dit maar kan doen.

Die Standerton Advertiser het vrae aan die vrou gestel waarop sy nie wou antwoord nie, maar sy het wel bevestig dat sy dit adverteer om iemand te help.

Sy het beweer daar word nie oor moorde berig nie en gevra waarom krag nie gebrug kan word as ’n manier om geld te verdien nie.

Volgens die inskrywings van die gemeenskap is sy gewaarsku dat sy met vuur speel.

Op die inskrywing het dit geblyk dat die waarskuwings haar nie veel gepla het nie.

Die inskrywings is op 3 Augustus van Facebook verwyder, maar volgens inligting is dit reeds aan die owerhede deurgegee.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser om te sien wat die straf vir kragomseiling is.

Exit mobile version