Errie-hokkie deur na Noordvaal

Hoërskool Ermelo se 0/14A-, 0/16A- en eerste dogterhokkiespan het deurgedring na die Noordvaal-kompetisie.

Hoërskool Ermelo se 0/14A-, 0/16A- en eerste dogterhokkiespan het deurgedring na die Noordvaal-kompetisie.

EHS se eerstes het Maandag aan die uitspele vir Noordvaal teen Cornwill Hill deelgeneem.

In die eerste helfte het Zané Rothmann ‘n doel aangeteken en in die tweede helfte het Cornwill die gelymaker aangeteken.

Die 8-sekonde-reël is toegepas en die Erries wen 4-3. Janice Harmse, Zané Rothmann en Simone Ferreira was die punte-makers. Die 0/14 A’s het teen Hoërskool Waterkloof op Curro Bakenveld se astrobaan gespeel.

Halftyd was die telling 0 – 1 in Waterkloof se guns en 10 minute in die tweede helfte inhet Waterkloof hul tweede doel aangeteken.

Vyf minute voor die eindfluitjie het Margha Greyling en Carissa Venter elk `n doel aangeteken.

Die 8-sekonde-reël is toegepas en Anke Kruger, Anke de Kock, Lana Herholdt en Chané Bester het elk ‘n doel geslaan wat die die Erries ‘n oorwinning van 4-1 besorg het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version