News

Ermelo MediClinic een van bestes in land

"Gelukkige personeel - gelukkige pasiënte", het mnr Vilane gesê.

Die Ermelo MedicClinic is ná ’n meningspeiling deur Discovery Health aangewys as een van die top 20 hospitale in die land.

Mnr. Charles Vilane, hospitaalbestuurder is baie trots op die eer wat hulle te beurt geval het en bedank die mense wat na afloop van hulle verblyf in die hospitaal terugvoering gegee het en sy personeel vir hulle aandeel.

“Gelukkige personeel – gelukkige pasiënte”, het mnr Vilane gesê.

Hy het bygevoeg dat die hospitaalpersoneel steeeds strewe na beter dienslewering en dat hulle elke aspek van die pasiënte in die hospitaal se belange op die hart dra.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

Related Articles

Back to top button