Help Little Paws Big Hearts om diere kos te gee

Organisasie voorsien kos aan meer as 128 honde.

SECUNDA – Little Paws Big Hearts voorsien maandeliks kos aan meer as 128 honde op die dorp, asook tydens uitreikprogramme in informele nedersettings.

320kg hondekos en bykans 40kg katkos wat slegs twee weke hou word tans per maand uitgegee en dit voldoen nie in die groot aanvraag nie.

Me. Tina van Wyk kook ook spesiale kos vir verwagtende honde en babahonde.

As jy kan help met droëkosdonasies of mieliemeel en rys, skakel me. Sonja Kempen by 084 602 4198.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Exit mobile version