Local newsNews

SAVF vertel meer oor hulself tydens VLU Vaalrivier-tak vergadering

Die vroeë ontwikkeling van kinders en beskerming van kinders geniet aandag

Die vroue van die VLU Vaalrivier-tak het op 13 Junie bymekaargekom en is deur me. Wini Ross en me. Hanlie Brits van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) toegespreek.

Die SAVF Standerton is in 1993 gestig en by die Departement van Maatskaplike Dienste geregistreer.

Hul beskik oor vyf familiekamers asook ’n afsonderlike mans- en vrouesaal maar daar moet aan sekere vereistes voldoen word om in die sisteem opgeneem te word.

Die SAVF voorsien toiletware, klere en drie daaglikse etes aan behoeftiges.

Dié organisasie is ’n plaaslike, kantoor waar twee maatskaplike werkers, een administrasiedame en een skoonmaker die wiele laat draai.

Hulle bied voorkomingsdienste aan soos veldtogte wat handel oor HIV/Vigs en neem ook aan die 16 Dae van Aktivisme teen die misbruik van vroue en kinders deel

Die vroeë ontwikkeling van kinders en beskerming van kinders geniet aandag waar kleuterskole gereeld besoek word om seker te maak dat die skole aan die nodige vereistes voldoen.

Die SAVF gee leiding in armoedeverligting en ouerleiding.

Me. Ross en me. Brits is ook by statutêre dienste betrokke wanneer die omstandighede van so ’n aard is dat kinders uit ’n huis weggeneem of omstandighede verander moet word.

Die maatskaplike werkers doen hul bes om dan in so mate die omstandighede te help verander sodat die gesinne herenig kan word.

Die SAVF bied ook ander dienste soos rehabilitasie-ondersoeke aan.

Geldinsamelings vir die kantoor word ook jaarliks gehou soos die onlangse optrede van die vermaaklikheidskunstenaar, Coenie de Villiers.

Die werknemers van die SAVF ondergaan gereeld kursusse om hul vermoë op te skerp.

Vroue word ook elke Donderdag bemagtig en geleer om met hulle hande iets te skep om in die toekoms moontlik ’n klein onderneming te begin.

Die groep brei handskoene en serpe vir skole as geldinsamelingsprojekte.

Die VLU het hulle respek vir dié organisasie uitgespreek en hulle vir die toegewyde hulp aan ander bedank.

Inligting: Sonéll van Niekerk, Vaalrivier-tak. Aangepas vir publikasiedoeleindes.

Related Articles

Back to top button