Kleinseun (19) kry borg na oupa se skietdood in Bethal

Mnr Dirk Swart (snr) se kleinseun, mnr Frans Jacobus, is kort na die voorval in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Mnr. Frans Jacobus Lotz (19) wat in verband met die moord op mnr. Dirk Swart (64) in hegtenis geneem is, is op borgtog van R2 500 in sy pa se sorg vrygelaat nadat hy op 20 Junie in Bethal Landdroshof verskyn het.

Die saak is tot 20 Julie uitgestel.

Mnr. Dirk Swart (snr), ’n bekende Bethaller, is op 17 Junie omstreeks 10.20nm na ’n skietvoorval in sy huis dood.

Mnr Lotz, sy kleinseun, is kort na die voorval by die Swart-gesin se huis op Bethal in hegtenis geneem.

Die beskuldigde het na bewering tydens ’n rusie tussen mnr. Swart en sy vrou, me. Helene Swart, ingetree.

Sy oupa is in die kop geskiet.

Die polisie het op die vuurwapen wat in die voorval gebruik is, beslag gelê.

Die vuurwapen behoort glo aan me. Swart.

Me. Swart is dieselfde aand in die Mediclinic Highveld vir skok behandel, maar is die volgende dag ontslaan en sterk tans by haar seun, mnr. Dirk Swart (jnr) aan.

Hoewel mnr. Lotz se pa op Bethal woon, het hy by sy grootouers gebly.

Sy ma, me. Aleen Conradie, woon in Kanada en het Saterdag in die land aangekom.

Mnr. Swart (snr) se begrafnis vind Donderdag, 29 Junie om 12nm vanuit die AC Kerk op Bethal plaas.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version