CrimeNews

OPVOLG: Ma en dogter vasgebind en in kluis by gholfklub toegesluit

“Nadat ek die ‘cable ties’ gesien het, het ek reeds die ergste verwag en geweet wat op pad was”

Wat as ’n normale dag moes begin, het op 26 Junie in ’n nagmerrie vir ’n personeellid van Standerton Buiteklub en haar dogter ontaard nadat hulle vasgebind en in kluis by die klub toegesluit is.

Drie onbekende mans en vermoedelik ’n werknemer wat betrokke was, het geld, selfone en selfs voertuigsleutels gebuit wat teruggevind is nadat die een verdagte in hegtenis geneem is.

“Nadat ek die ‘cable ties’ gesien het, het ek reeds die ergste verwag en geweet wat op pad was”, het die personeellid gesê.

Volgens kapt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, is ’n werknemer van die klub in hegtenis in verband met dié roof geneem.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

Kyk hier na die foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button