EXCLUSIVE ONLINE: Toyota Knights handig projek oor aan Saving Grace Day Care Centre

Volgens mnr. André Trollip van die Knights-program het 134 kinders toegang tot een wasbak gehad en vier ekstra wasbakke is geïnstalleer.

’n Projek wat die Toyota Knights reeds verlede jaar in Oktober begin het is amptelik op 20 Junie aan “Saving Grace Day Care Centre” oorhandig.

Volgens mnr. André Trollip van die Knights-program het 134 kinders toegang tot een wasbak gehad en vier ekstra wasbakke is geïnstalleer.

Mnr. Trollip het gesê mnre. Justin Jeffrey, Michael Mkabela en Given Nthuli het in hulle eie tyd oor naweke aan die projek gewerk.

Mnr. Trollip het die volgende bedankings gedoen:

• Mnr. Herman Dempers (Multi Beton) vir die lê van die stene.

• Mnr. Andrew Uys (Ola) vir die skenking van die wasbakke.

• Mnr. Wentzel Henrico (We Fix) het die krane gegee en die installasie gedoen.

• Mnr. Pierré La Grange (handelaarshoof van TWK Toyota).

• ’n Anonieme donateur vir ’n kontantbydrae.

Me. Sindiswe Khumalo, assistenthoof, het die Knights en alle betrokkenes vir die gebaar bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version