Local newsNews

Klein prinsessies, groot drome

Sy wil eendag net so mooi soos Zané wees, 'n ballerina word en oorsee gaan.

In haar wildste drome sou Nokubonga Nkosi, ‘n gr. 6-leerder van Laerskool Breyten, nooit kon raai dat ‘n skooltaak oor haar rolmodel tot ‘n ontmoeting sou lei nie.

Alles het begin toe mnr. Louis Bates, hoof van Laerskool Breyten, die leerders se Afrikaans-stelwerkboeke nagegaan het nadat hulle dié taak moes voltooi.

Nokubonga het oor haar rolmodel, Zané Kleynhans, Little Miss Petite SA 2016, geskryf.

Dit het mnr. Bates diep geraak en hy het besluit om Zané se ma, Shannon, daarvan te vertel.

Hulle het dadelik ‘n afspraak gemaak en gereël dat Zané vir Nokubonga ontmoet.

Onbewus van die rede waarom sy kantoor toe ontbied is, het sy ingestap en tot haar verbasing Zané voor haar sien staan.

“Daai gesiggie van die skaam, pragtige dogterjie wat opkyk en Zané sien, sal ek nooit vergeet nie,” het Shannon gesê.

Nokubonga sê sy het vanjaar vir die eerste keer in die koerant van Zané gelees en dadelik opgemerk dat sy baie mooi is en hard werk om minderbevoorregtes te help.

“Ek was opgewonde en ook skaam omdat dit die eerste keer was dat ek haar in lewende lywe gesien het,” sê Nokubonga.

Sy wil eendag net so mooi soos Zané wees, ‘n ballerina word en oorsee gaan.

Zané het vir haar ‘n geskenkpakkie en een van haar krone saamgeneem, want volgens haar is alle dogtertjies prinsessies.

Zané is tans hard aan die werk om voor te berei vir die Toddler Tween of the World-kompetisie waar sy op die loopplank en in ‘n onderhoud beoordeel gaan word.

Tussendeur vind sy ook nog tyd om nie-bederfbare kos in te samel vir die projek Feed A Child.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button