64-jarige Bethaller sterf in skietvoorval

Negentienjarige man in verband met die skietvoorval in hegtenis geneem.

BETHAL – Mnr. Dirk Swart (64) is Saterdagaand in ‘n skietvoorval in sy huis dood.

‘n Negentienjarige man is in hegtenis geneem en gaan Dinsdag in die Bethal Landdroshof verskyn.

Volgens mnr. Dirk Swart (jnr) is sy pa omstreeks 10.20nm die betrokke aand dood.

Hy is na bewering in die kop geskiet.

Mnr. Swart se vrou, me. Helene Swart, is dieselfde aand in die Mediclinic Highveld vir skok opgeneem, maar is reeds ontslaan.

Sy sterk aan by haar seun, mnr. Dirk Swart (jnr).

Lees meer in die nuutste uitgawe van die Ridge Times.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Exit mobile version