Local newsNewsReligion

Kruik se nagmark bring die gemeenskap bymekaar

Orkesoptredes, trompoppies, heerlike kos en allerlei stalletjies maak die Kruik-gemeente op Secunda se nagmark ’n reuse sukses.

Die Kruikgemeente het weer hul nagmark aangebied en vanjaar was daar nie net stalletjies nie, maar ook vermaak.

Hoërskool Oosterland se orkes het opgetree en die Babbelbekkies-minitrompoppies van Laerskool Goedehoop en die junior- en seniortrompoppies van Laerskool Secunda het toeskouers vermaak met hul stok- en vlaggieswaaitegnieke en die hoofleier se indrukwekkende septergooie.

Die mark het ’n verskeidenheid stalletjies gehad, met die Kristopher Ryan Sentrum en die Hoëveldrif DBV wat ook van die geleentheid gebruik gemaak het om geld in te samel.

Daar was heerlike sop en warm kos, interessante tuisgemaakte produkte, musiek, klere en speelgoed te koop.

 

Gabby en Leyla de Oliveira het die nagmark saam met hul ma en pa geniet nadat hulle opgetree het.
Reinhard Noordman en Armand Coetzer het die nagmark geniet en was veral opgewonde oor hul opblaasdinosourusse.
Chanel van Zyl het nie net die toeskouers vermaak as ’n trompoppie nie, maar het ook die Hoëveldrif DBV ondersteun en ’n hondjieballon gekoop.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Related Articles

Back to top button