Local newsNewsSASOL

Shondoni sal Middelbultmyn vervang

Shondoni wat plek van rykdom beteken, is deel van Sasol se R14 miljard mynvervangingstrategie om steenkoolontginning tot 2050 te verleng. Dit is teen ’n koste van R5,5 miljard ontwikkel en verskaf werk aan 1 800 mense. Shondoni, wat die Middelbult-myn sal vervang, word reeds bedryf.

Die ondergrondse mynafdeling van Sasol het Donderdag, 9 Junie hul jongste steenkoolmynskag bekendgestel.

“Ek weet van geen ander myn wat ondanks die resessie, sy verbintenis tot die land hou nie.

“Sasol Mynbou belê steeds in Suid-Afrika,” het mnr. Lucky Kgatle, senior vise-president van Sasol Mynbou gesê.

Sasol se beleggings het verlede jaar R115 miljard in kapitaal- en bedryfsuitgawes vir Suid-Afrika beloop.

Shondoni, wat plek van rykdom beteken, is deel van Sasol se R14 miljard mynvervangingstrategie om steenkoolontginning tot 2050 te verleng.

Dit is teen ’n koste van R5,5 miljard ontwikkel en verskaf werk aan 1 800 mense.

Shondoni, wat die Middelbult-myn sal vervang, word reeds bedryf.

Dié myn het die potensiaal om tot 9,4 miljoen ton steenkool per jaar op te lewer.

Bykans 25 miljoen ton word gebruik vir die vervaardiging van brandstof en die res word uitgevoer.

Twistdraai-, Brandspruit-, Middelbult- en Syferfontynmyn het die reserwes na sowat 40 jaar bereik.

 

Lees die volledige berig in die Ridge Times.

Kyk hier na die foto’s.

Related Articles

Back to top button