Local newsNews

Wees positief ongeag moeilike omstandighede

Me. Gerrie Jordaan, het gesê mense moet positief bly, ongeag die omstandighede waarin hulle hul bevind tydens Leandra se Helpende Hand tak se praatjie oggend.

Solidariteit Helpende Hand se nuwe tak op Leandra het onlangs ’n suksesvolle praatjie aangebied.

Die spreker was me. Gerrie Jordaan wat mense met die tema, steek ’n malva in jou hoed en lag, bemoedig het.

Die Klub Saamstaan-saal op Eendracht was so vol dat ekstra stoele ingedra moes word.

Me. Jordaan het gesê mense moet positief bly, ongeag die omstandighede waarin hulle hul bevind.

Me. Alisha de Lange, streeksorganiseerder van Helpende Hand, het geê: “Die Leandra-gemeenskap is baie duidelik een wat omgee.

“Om so baie te kry om na ’n praatjie te kom luister, is werklik spesiaal.

“Die mense wat die geleentheid bygewoon het, was baie opgewonde en hulle het al van vroeg af by die saaltjie opgedaag. “Ons was bang daar gaan te min mense wees.

“Ons is dankbaar dat Helpende Hand ’n platform kon skep om mense bymekaar te bring en te motiveer, veral die bejaardes wat nie altyd die geleentheid kry om uit te kom nie.”

Elkeen wat die geleentheid bygewoon het, het na die verrigtinge ’n kolwyntjie en koffie geniet.

Daar was ook ’n gelukkige trekking en drie mense het ’n Bybelspeler ontvang wat met sonkrag werk.

Om by die tak betrokke te raak, skakel me. Retha Boshoff by 082 388 0913 en help om ’n verskil in kinders, bejaardes en gestremdes se lewens te maak.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button