NewsSchools

Nuwe rugbytruie vir Laerskool Breyten

Die firmas het elk 'n stel van 20 rugbytruie geborg.

Laerskool Breyten se rugby skop vanjaar op ‘n hoë noot af.

Die skool se rugbyspanne het vir die afgelope 15 jaar in dieselfde truie gespeel en mnr. Louis Steyn van Louis Steyn Vervoer en Omega Risk Solutions het die behoefte aan nuwe truie raakgesien. Die firmas het goedgunstelik besluit om die skool te help met die borg van rugbybenodighede.

Die firmas het elk ‘n stel van 20 rugbytruie geborg en Omega Risk Solutions het ook ‘n bykomende 10 rugbyballe, een stel paalbeskermers asook 10 rugbysakke vir die seuns geborg.

Laerskool Breyten bedank mnr. Steyn asook Omega Risk Solutions vir hul gebaar.

“Julle maak nie net ‘n verskil in die skool nie, maar ook in die lewens van jong rugbyspelertjies,” het die skoolhoof, mnr. Louis Bates, gesê.

Die spoggerige nuwe rugbytrui van Laerskool Breyten.

 

Webster Joseph ( 0/11-rugbykaptein) met ’n nuwe bal en trui. Agter hom staan mnre. Daniel Legozane (direkteur -Omega), Pierre Pelser (Omega), Riaan Snyman (Omega), Paul de Villiers (sportorganiseerder Laerskool Breyten), Gerrit Pienaar (Omega) en Johan Booysen (Omega).

 

Related Articles

Back to top button