Waarnemende hoof van Laerskool Kalie de Haas spog met honneursgraad

“As dit nie vir my gesin se ondersteuning was nie, weet ek nie of dit moontlik sou gewees het om op die ouderdom van 48 weer voor die boeke in te skuif nie.”

Me. Theresa Botma, waarnemende hoof van Laerskool Kalie de Haas, nou spog met ’n honneursgraad.

Sy het dié graad in leerdersondersteuning aan die Noordwes-Universiteit onlangs behaal.

Sy het skertsend gesê dat dit eintlik alles begin het met haar twee kinders, me. Jurinda Botma, wat in 2015 haar BCompt (FAC) voltooi en in 2016 met haar “Advanced Diploma” begin het, sowel as haar seun, mnr. Christopher Botma, wat toe in sy matriekjaar was en haar uitgedaag het om saam te studeer.

Sy het sonder twyfel dié uitdaging aangegryp.

“As dit nie vir my gesin se ondersteuning was nie, weet ek nie of dit moontlik sou gewees het om op die ouderdom van 48 weer voor die boeke in te skuif nie.”

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

Exit mobile version