Local newsNews

Henny Cock maak sy buiging by skou

Die Henny Cock-hoender het vir groot opwinding onder die vertoners gesorg met die ras se eerste verskyning op Ermelo.

Die Mpumalanga Pluimveeklub het die verlede naweek hul jaarlikse klubskou aangebied.

Daar was 11 vertoners en 232 hoenders op skou waarvan 13 groot rasse, nege bantamrasse en een watervoël was.

Gawie Blockie (Putfontein), Hannes du Plessis (Randfontein) en Jannie Botha (Pretoria) het die beoordeling waargeneem.

Die katagoriewenners is soos volg.
Pieter Marx van Ermelo met ‘n swart Orpington-haan het in die groot sagteveerafdeling koning gekraai.
Harry Müller se Henny Cock OEG het eerste plek in die groot hardeveerafdeling behaal.

Die Henny Cock-hoender het vir groot opwinding onder die vertoners gesorg met die ras se eerste verskyning op Ermelo.

Die hoender word so genoem omdat die haan die kleur van ‘n hen is.

Jannie Botha van Pretoria was eerste in die bantam-hardeveerafdeling met sy OEG Wheaten Hen.
Arno de Vries van Ermelo se swart Orpington-hen was die wenner in die bantam-sagteveerafdeling.

Related Articles

Back to top button