Editor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Pastoor Hannes Smit (50), baba Luke se oupa, dood aan hartaanval

Baba Luke veg steeds vir sy lewe en sy oupa is gistermiddag aan 'n hartaanval dood.

Klein Luke Britz wat sedert Februarie in die Neonatale Intensiewe Sorgeenheid opgeneem is, se oupa, past. Hannes Smit (50), is gistermiddag, 2 Mei, aan ‘n hartaanval dood.

Hulle was op pad hospitaal toe, vermoedelik om vir Luke te gaan kuier, toe dit gebeur het.

Luke is op 14 Februarie op 28 weke gebore en het ’n skrale 1.035kg by geboorte geweeg.

Hy veg sedertdien om sy lewe en het reeds een keer by die dood omgedraai.

Die gesin se mediese fonds betaal nie die neonatale intensiewe sorgeenheid se rekening nie en die rekening beloop reeds meer as ’n miljoen rand.

Om geld in te samel, word funksies en geleenthede, soos die stalletjiedag wat op 6 Mei op Zandfontein Perdeplaas plaasvind, beplan.

As jy die gesin kan help, kan jy geld in die volgende rekening inbetaal, ’n stalletjie by die stalletjiedag bespreek of die verskillende geleenthede ondersteun waar daar geld vir hom ingesamel word: Luke Britz, Capitec Bank Secunda-tak, spaarrekeningnommer 151 424 3545.

Vir meer inligting oor die stalletjiedag, skakel Carel by 062 989 5945.

Om te bespreek vir jou vollyf-, rug- en nekmasserings, manikure en pedikure teen kosprys, skakel Yolandi by 082 499 1268.

Vir navrae oor die ander geldinsamelingdae, skakel me. Smit by 074 601 6312.

Lees ook: Baba Luke veg om sy lewe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button