EntertainmentLifestyleLocal newsNews

VLU wakker kunssin aan

“Dit sal ’n ereplek in my onderneming kry,”

Die VLU se Kaalspruit-tak het op 18 April by die Hervormde Kerk se saal vergader en meer te wete oor tokreenkuns gekom.

Me. Riëtte Pieterse, lid, het aan die vroue gedemonstreer hoe om gebruiksartikels ’n nuwe baadjie aan te trek wat dit sal verewig.

“Ek leef my so uit,” het me. Pieterse gesê.

Nadat ’n onderlaag van tokreenverf aangewend is, wat vrylik beskikbaar is, kan die artikel in die son of binnenshuis drooggemaak word.

Dis is egter belangrik om vooraf te bepaal watter tekstuur uitgebeeld gaan word.

Koerantpapier, sneesdoekies, servette en onder meer tou kan ingespan word afhangende of ’n growwe of sagte tekstuur verlang word.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

Me. Riëtte Pieterse hou ’n artikel vas wat die tokreenkunsbehandeling gekry het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button