Local newsNews

Speelpark erg verwaarloos

Groot hope grond is etlike maande gelede op die terrein gestort klaarblyklik om ’n fietsrybaan te bou, maar is intussen deur gras en onkruid oorgroei.

Inwoners in die omgewing van die speelpark tussen De Bruin- en Alkemastraat in De Bruinpark het hulle misnoë uitgespreek oor die vervalle en verwaardelose toestand van die park.

Van die speelapparaat is gevandaliseer en onbruikbaar.

Groot hope grond is etlike maande gelede op die terrein gestort klaarblyklik om ’n fietsrybaan te bou, maar is intussen deur gras en onkruid oorgroei.

’n Inwoner langs die park het sy kommer uitgespreek dat die hoop kleigrond in die reënseisoen nat en sag word en teen die helling af al nader aan die grensmuur beweeg.

“Die speelpark het eens op ’n tyd ’n stil en rustige plek gebied waar gesinne kon ontspan terwyl klein kinders op die speelapparaat gebaljaar het. Nou is dit ’n doring in die oog waarvoor niemand skynbaar omgee nie,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button