Local newsNews

Pieter Kruger (99), voormalige Bethal-burgemeester sterf

Die begrafnis vind eerskomende Vrydag 17 Maart plaas uit die Gereformeerde Kerk op Bethal.

BETHAL – Een van Bethal se oudste inwoners en voormalige burgemeester, mnr. Pieter Kruger, is Sondag in die ouderdom van 99 oorlede.

Mnr. Kruger is op Bethal gebore en het sy lewe lank hier gewoon.

Hy was vir 11 termyne burgemeester van die dorp en was ook ‘n gesiene sakeman.

Sy vrou, me. Toetsie Kruger, is 10 jaar gelede dood.

Mnr. Kruger se gesondheid het die afgelope paar jaar agteruit gegaan en was ten tye van sy dood, in ‘n versorgingseenheid in Pretoria woonagtig.

Hy word oorleef deur sy vier kinders, 10 kleinkinders en 12 agterkleinkinders.

Die begrafnis vind eerskomende Vrydag 17 Maart plaas uit die Gereformeerde Kerk op Bethal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button