Ná afloop van ‘n hermerk van ‘n aantal van Ligbron se 2016-matriekkandidate se eindeksamenvraestelle spog die skool met 207 vakonderskeidings.
Dit is 10 meer as voor die hermerk.
Die getal leerders wat sewe onder-skeidings behaal het, skuif op na vyf, nadat Hendriëtte Stevens ook ‘n onderskeiding in Besigheidstudies behaal het.
Twee kandidate wat nou elk met vyf onderskeidings spog, is Jacques Ehlers en Madelein Snyman.
Deidri de Jager en Anro Pieterse spog nou elk met vier onderskeidings.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!