NewsSchools

Kalie-atlete gekies vir Gert Sibande-streekspan

Die Mpumalanga-span word 4 Maart op Secunda gekies.

Laerskool Kalie de Haas-atlete het puik prestasies op Bethal behaal.

Atlete het op 25 Februarie aan uitdunne meegeding en agt deelnemers is in die Gert Sibande-streekspan opgeneem.

Elishama Mtshali het in die 70m-hekkies stof in die oë geskop in die S0/10 en eerste plek verower.

Danell van Wyk het haarself in die D0/12-hoogspring met die meeste veerkrag bewys en die eerste plek losgespring.

Mariska van der Mescht het met tegniek die D0/13-werpskyf gewen.

MC Roux het in die S0/13-spiesgooi vir homself ’n derde plek gepen.

Sumé Strydom het in die D0/12-spiesgooi ’n derde plek verseker.

Marli Wolmarans het in die D0/12-werpskyf haar staal gewys en met die vierde plek weggestap.

Elené Botha het die sand in die verspringput laat spat deur in die D0/11 vierde te eindig.

Zinhle Mabena se stamina in die 200m-D0/13 het haar vierde oor die wenstreep laat trap.

Die Mpumalanga-span word op 4 Maart op Secunda gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button