Local newsNews

Bethal-skoolseun erg verbrand met petrolvuur

Kyle Werner het erge brandwonde opgedoen.

BETHAL – ‘n 11-jarige seun van Bethal, Kyle Werner, het Vrydag, 3 Maart, by sy huis erge brandwonde opgedoen. ‘n Brand het ontstaan toe petrol wat vir die grassnyer bedoel was, vlamgevat het. ‘n Vyf liter kan olie het ook ontplof. Kyle het brandwonde aan sy bene en arms opgedoen.

Sy ma, me. Engela Werner, het met hom na Bethal Hospitaal gejaag. Sy is daar in kennis gestel dat haar seun na ‘n hospitaal met ‘n brandeenheid oorgeplaas moet word en dat ‘n kontantdeposito vereis word.

Die gesin beskik net oor ‘n hospitaalplan en kon nie die deposito betaal nie. ‘n Weldoener uit Duitsland het die geld aan die gesin geskenk.

Die gemeenskap samel tans ook geld in om me. Engela Werner by te staan.

Kyle sou reeds Saterdag na ‘n hospitaal in Alberton oorgeplaas word wat oor ‘n brandeenheid beskik.

Teen Saterdagaand 11nm het hulle steeds op die ambulans gewag.

Kyle verduur groot pyn.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button