Local newsNews

Hulp stroom in vir Kyle

Die dokters is baie tevrede met sy vordering

Kyle Verfaillie (10) wat met Rasmussen se sindroom gediagnoseer is, verbaas reeds sy Kaapstadse dokters.

Kyle het verlede Dinsdag ‘n operasie van 12 uur ondergaan waartydens sy linkerbreinlob wat gereelde aanvalle soortgelyk aan epilepsie veroorsaak het, verwyder is.

Ná die operasie het die dokters sy medikasie om die aanvalle te onderdruk, gestaak en sedertdien het Kyle nog nie weer ‘n aanval gehad nie.

Die dokters is baie tevrede met sy vordering en hul fokus is nou daarop om infeksie te voorkom.

Kyle kan tans nie praat nie, hoewel hy verstaan wat gesê word. Sy pa, Mark, vertel dat hulle wel ‘n stelsel het om met mekaar te kommunikeer.

Met behulp van ‘n prentekaart en gebare met sy linkerhand kan Kyle, sy pa en die mediese personeel met mekaar “praat”.

Kyle eet al vaste kos en verpleegpersoneel help om hom daagliks vir kort rukkies regop te laat sit.

Melrow Apteek op Ermelo het Saterdag ‘n geldinsameling gehou om die Verfaillie-gesin by te staan.

Die opkoms het alle verwagtinge oortref, vertel Jacinda Benecke wat aan die stuur van die projek staan.

Teen 10:00 was al die worsrolletjies reeds uitverkoop en moes hulle inderhaas nog voorraad aanskaf.

Jacinda sê die projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van Alan se Slaghuis, Pick n Pay en Spar nie.

Sy bedank ook die persoon wat ook by die apteek opgedaag het met ekstra rolletjies en wors.

Kyle se ma, Juanita, het die verrigtinge bygewoon en haar dank en waardering aan elkeen wat bygedra het, uitgespreek.

Mense wat ‘n bydrae wil lewer, kan Jacinda by Melrow skakel om ‘n reëling te tref. Hou die

Hoëvelder se webblad dop vir gereelde video’s en nuus oor Kyle se vordering.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button