JONGSTE NUUS: Botsing in Walter Sisulurylaan eis vrou se lewe

Na bewering was vier voertuie in die ongeluk betrokke.

’n Botsing vroegoggend in Walter Sisulurylaan naby die lisensiekantore het die lewe van ’n vrou geëis.

Na bewering was vier voertuie naamlik ’n minibus, Polo, Chevy en bakkie in die ongeluk betrokke.

Die polisie, brandweer en mediese personeel is op die toneel.

Dit kon nie bevestig word of die vrou alleen in die Polo was nie, maar daar word op forensiese personeel gewag om die nodige ondersoek te doen.

Jeria Ambulansdienste het die bakkiebestuurder en die vyf mense agter op die voertuig na die Standerton Hospitaal vervoer.

Die toestand van die minibusbestuurder is onbekend.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

Sien al die foto’s HIER

Lees die opvolg HIER

Exit mobile version