Local newsNews

VIDEO – Pieter Jansen van Vuuren (soja-opbrengs kompetisiewenner) deel sy geheim

Hy glo aan ’n goeie spuitprogram en grondbewerking

Die eienaar van Vlaklaagte, Holmdene is die kampioen in die Weeg en Wen-opbrengskompetisie (sojas) wat gehou is.

Verskeie maatskappye, ’n tydskrif en finansiële instellings het die kompetisie aangebied.

Die wenakker het ’n spogopbrengs van 5,025ton/ha opgelewer.

Mnr. Pieter Jansen van Vuuren is in 2014 en 2015 ook deur die Hoëveld Skoukomitee aangewys as Mielieboer van die jaar wat deur Heymans Kole geborg is.

Hy het in 2016 tweede in dié kompetisie geëindig.

Mnr. Jansen van Vuuren en sy vrou, Mariëtte, boer met sojabone, mielies en suikerbone op die plaas.

Hy glo aan ’n goeie spuitprogram en grondbewerking.

Sy lande word nie bewei nie en is dus sagter om in die wintermaande, wanneer daar nog vog in die grond is, voor te berei.

Mnr. Jansen van Vuuren hou jaarliks van sy sojasaad terug vir herplanting waarby hy 50% saad aankoop om die genetiese waarde met elke oes te verbeter.

Hy verkies om die kunsmistoediener agter die stroper in te stuur en ook deur die jaar hoendermis op die lande te strooi om die organiese materiaal in die grond te verbeter.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

Related Articles

Back to top button