Local newsNews

AfriForum-takke oorhandig wenslys aan Govan Mbeki Munisipaliteit

Stap volg nadat takke verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het wat nog deur die munisipaliteit in hul geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) aangespreek behoort te word.

BETHAL – Die AfriForum-takke op Secunda en Bethal het op 7 Februarie ’n wenslys aan mnr. Mmela Mahlangu, munisipale bestuurder van Govan Mbeki Munisipaliteit, gerig.

Dit volg nadat dié twee takke verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het wat nog deur die munisipaliteit in hul geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) aangespreek behoort te word.

“Mnr. Mahlangu het tydens ons vergadering kennis geneem van die probleme wat ons in die wenslys noem en het onderneem om dit by die munisipaliteit se GOP te voeg en die nodige aksies te neem.

“Hy het egter benadruk dat die Eskom-situasie tans prioriteit geniet,” het mnr. Frits Adendorf, voorsitter vir plaaslike regeringsake van AfriForum se Bethal-tak, gesê.

Mnr. Mahlangu het gevolglik ook ooreengekom dat die munisipaliteit ’n aksieplan aan AfriForum sal voorsien om hul beplande hantering van die Eskom-situasie uiteen te sit.

Hy het AfriForum ook genooi om insette te lewer.

“Daar is besluit dat AfriForum en die munisipaliteit maandeliks sal vergader om probleme en projekte wat uit die wenslys voortspruit, vir die komende maand te bespreek en aan te pak,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

“Dit is goed om te weet dat die munisipaliteit wel met AfriForum wil saamwerk,” het mnr. Hennie Pretorius, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, bygevoeg.

Om by die plaaslike AfriForum-takke betrokke te raak, SMS jou naam na 45350.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button