Potspel ten bate van EARS

Daar is steeds honde wat gedurende die feesgety in hulle sorg geplaas is wat nog nie opgeëis of aangeneem is nie.

Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, het die week haar dank uitgespreek teenoor Frans en Liza Breytenbach van Phatboys en elk een wat deelgeneem of ondersteun het, vir hul hulp en bydra tot die suksesvol potspelkompetisie wat die naweek plaasgevind het.
Volgens Ronél gaan dit goed by die hokke en is daar tans 31 honde waarvan een met vyf kleintjies en ses katte met een wat dragtig is.
Daar is steeds honde wat gedurende die feesgety in hulle sorg geplaas is wat nog nie opgeëis of aangeneem is nie.
Van die honde is met Brandsiek gediagnoseer en het daarvolgens behandeling gekry met net ’n paar wat nog nie ten volle herstel het nie.
Fotos: Van die honde in EARS se sorg   wat gereed is vir aanneming.

Exit mobile version