JJ-broers maak hul merk

Die JJ-atlete het hul goed van hul taak gekwyt en die broers RD en Morné Engelbrecht het hul teenstaanders op die baan laat les opsê.

Laerskool JJ van der Merwe het Saterdag die atletiekbyeenkoms op hul tuisveld oortuigend met 78 medaljes en 450 punte in totaal gewen.

Laerskool HM Swart was in die tweede plek met 335 punte gevolg deur Laeveld (258), Oranjegloed (248) en Kruinpark (158).

Altesaam 11 rekords is op die dag herskryf.

Die JJ-atlete het hul goed van hul taak gekwyt en die broers RD en Morné Engelbrecht het hul teenstaanders op die baan laat les opsê.

Morné is aangewys as senior Victor Ludorum en beste naellope (seun) en RD het weggestap as beste hekkies- en verspringatleet (seun).

Danél Olivier is as die beste naelloopatleet (dogter) aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version